Below is an article written by Jannie du Bruyn, who, at 77, joined us for a trip through the Rising Star System. The photo attached is written by his 7 year old grandson. We entered the cave at the walk in entrance and went all the way through to upside-down-turnaround and both of them thoroughly enjoyed the experience.
Op 12 Oktober 2015
ontvang ek ‘n e-pos van my dogter Estra met die volgende strekking: Pappa, ‘n
dame wat saam met my werk gaan ‘n aantal persone deur die Rising Star grot
neem. Stel Pappa belang om dit mee te maak ?
Na deeglike
oorweging, my ouderdom van 77 jaar in aanmerking geneem, besluit ek dit kan net
opwindend en verrykkend wees. Ek stem toe in om die uitnodiging te aanvaar.
Saterdagoggend 17
Oktober sit ons, ek; Hanré my persentseun; my dogter Estra en my kleinseun
Jandré van 7 jaar af na die bymekaarkomplek. Ons ontmoet mekaar By die Oaktree
motorhawe naby die Wieg van die Mens.
Eers moet daar
knibbelgoed aangekoop word, toilette vir oulaas besoek asook administratiewe
reelings afgehandel word.
In die proses ontmoet
ons ook een van ons gidse, Irene Kruger, wat seker maak administratiewe
reelings word op papier afgehandel. Volgens die omstanders lei ek af dat hulle almal “grotbesoekers is” wat daar
rondstaan. Na alles afgehandel is neem Irene en haar vriend, Steven Tucker,
per motor die voortou om ons te begelei na die grot toe.
Vanuit ‘n grodpad
draai ons in by ‘n plaashek, wat blyk ‘n plaas te wees. Daar word netjies onder
die bome parkeer, kennis gemaak en onsself te oriënteer ten opsigte van die
omgewing. Irene stel ons voor aan Steven Tucker haar verloofde en medegids. ‘n
Skraalgeboude jongman, kaalvoet met ‘n baardjie
in ‘n oranje oorpak. Baie vriendelik en ‘n aangename persoonlikheid.
Daar word seker
gemaak dat ons almal korrek toegerus moet wees.Veiligheids hardehoede, kopligte
en verkieslik oorpak aan.Irene lig ons besoekers toe ten opsigte van
veiligheid; die moets en die moenies. Sy en Steven het ‘n kenmerkende, rustige
kalmerende persoonlikheid wat opmerklik waargeneem kan word.
Dit is duidelik dat
daar planmatig, doelgerig en vasberade leiding geneem word deur hierdie twee
gidse.Gaandeweg sou ons verneem dat Steven en ‘n kollega die eerste twee
persone was wat die Homo Naeledi fossiele ontdek en gefotografeer het.
Ons stap ‘n hele ent
van die voertuie af na ‘n bebosde koppie, bedek met lae bome, bosse en klip.Nie
‘n noemenswaardge plek nie. Normaal ten opsigte van die omgewing. Dit is ‘n
heerlike lenteoggend, stil en ‘n heerlike atmosfeer.
Gebukkend gaan ons onder
die bome ‘n opening in die grond binne. Die ingang van Rising Star is glad nie
versier, gemerk of ‘n “fancy” ingang nie.Met die een gids voor en die ander een
agter is dit duidelik, hier kom ‘n ding. Ek meen as ek reg onthou was ons 24
persone in die groep wat die toer meemaak.
Vanuit die staanspoor
is dit duidelik dat hierdie besoek aan die grot absoluut tegnies, sielkundig en
sonder pretensies benader word. Ons gidse het ‘n besondere kalmerende,
aanmoedigende en motiverende effek op
die groep.Hulle weet wat om te doen en die groep volg gehoorsaam en gewillig.
‘n Grot is ‘n
grot.Ons weet dit bestaan uit openinge,stalagmiete, stalagtiete, rotsformasies
wat verbeeldingryk kan wees en wat nie al nie. Rising Star is so ‘n grot. Die
manier van beweging in die grot blyk van die begin af hier anders te wees as
ander grotte wat ek ken.
Van meent af word
daar behoorlik gekruip, op die maag geseil, selfs op die sy geseil tusse baie
laag en nou openinge deur.Daar is heelwat “ kamers” waar ons kan rus, asem skep
en selfs lekker gesels.Wanneer almal in die groep aangesluit het na ‘n
“deurkruipery”,word daar weer gebeur, gekruip en geklouter na die volgende rusplek.
Dit is duidelik in
hierdie stadium dat hierdie ‘n moeilike ervaring gaan wees.Indien jy effens rond
gebou is sal jy nie deur die nou openinge kom nie. Plek plek
seil ons plat op die maag, met 250 tot 300 mm is nie snaaks nie. My
rugsak moes ek ple plek met my arms vooruit stoot. Ander plekke weer met my
voet aan die band agter my saamsleep.
Niemand kla nie.Almal
is positief en gedrewe om enduit te gaan. Ons gidse is behulpsaam; gee suiwer
tegniese raad en niemand word oorgeslaan nie.Met tye wanneer ons in ‘n “kamer”
is, word ons gevra om ons kopligte af te skakel sodat ons ‘n idee kan kry van
doodse stilte, pikdonker en geen idee van rigting nie. Dit was nogal baie
“scary”.
Die grot is eenvoudig
groots, asemrowend en oorweldigend. Hier kom jy tot die besef dat die werk van
die Skepper is onbeskryflik wonderbaarlik en jy voel klein om alles te aan- skou.
Selfs die gedagte dat jy bevoorreg is om hierdie grot te besoek. Onthou in
gedagte die grot is nie oop vir die algemene publiek nie.
In ‘n stadium is ons
in ‘n” klein kamer”. Ons word uit gewys dat ons min of meer 5 meter vanaf die
opening is wat lei na die kamer waar die fossiele van Homo Naeledi ontdek is
deur Steven en sy vriend.
Van hier af was dit
nog klim, regop loop, op jou sy deur beur en ook op jou maag seil. In hierdie
stadium kan jy voel jou elmboë het dit al ontgeld enjy voel duidelik jou knieë
bly ook in die slag.Die laaste uitdaging was ‘n vertikale uitklim van omtrent 4
meter. ‘n Nou opening tussen twee rotswande moes jy hoofsaaklik staatmaak op
jou vingers se vasvat aan rotspunte en
stut met jou voete. Van hier af kon ons die ligopening waarneem. Die
hoop en vooruitsig om naby die uitgang te wees is aamoedigend.
Jy kan nie glo hoe
ons voorkoms gelyk het van grond, vuil oorpakke en klere nie. My persentseun
het self erge skaafmerke opgedoen as gevolg van effens vassit skuur in nou deurgange,
net een man kon nie verder gaan nie. Ek meen dit was as gevolg van engtefrees.
Steven en Irene het hom pragtig kalmeer
en rustig laat rus totdat Steven hom persoonlik uitgelei het deur ‘n
ander uitgang.
Toe ons by die motors
kom is daar fotos geneem, toerusting terugbesorg en vertrek na vy f en ‘n half uure in die grot. Die sukses
van die besoek is absoluut te danke aan die bekwame leiding van Steven en
Irene. Ons salueer julle .Baie dankie.
Sondagoggend na die
besoek, het ek besluit om die fossieluitstalling te Maropeng te gaan besigtig.
Hier het ek vir die eerste keer bewus geword van Maropeng en die museum daar. Dit is waarlik’n
indrukwekkende wetenskaplike plek.Die uitstalling van Homo Naeledi fossiele is
ongelooflikom te sien. Die kersie op die koek was vir my om Dr. Lee Berger,
professor van die Witwatersrand Universiteit
te ontmoet wie die navorsing van die fossiele hanteer.
Ek het ook Marina
Elliott ontmoet wat die eerste wetenskaplike was wat die fossiele uitgehaal en verwyder het saam
met haar span. Hierdie twee mense se baie vriendelikheid is opmerklik en hulle
bring jou onder die indruk dat hulle ‘n passie het vir dit waarmee hulle besig
is.
Ten slotte besef ek,
ek was baie bevoorreg om saam met my kinders en kleinseun en andere die besoek
aan Rising Star te kon meemaak. Ek waardeer opnuut die werk wat mense doen op
die gebied van ontdekking en wetenskaplike navorsing. Gaan gerus daarmee voort.
Jannie du Bruyn
26 Oktober 2015