Thursday, 29 October 2015

‘n BESOEK AAN DIE RISING STAR GROT deur Jannie du Bruyn





 Below is an article written by Jannie du Bruyn, who, at 77, joined us for a trip through the Rising Star System. The photo attached is written by his 7 year old grandson. We entered the cave at the walk in entrance and went all the way through to upside-down-turnaround and both of them thoroughly enjoyed the experience.


Op 12 Oktober 2015 ontvang ek ‘n e-pos van my dogter Estra met die volgende strekking: Pappa, ‘n dame wat saam met my werk gaan ‘n aantal persone deur die Rising Star grot neem. Stel Pappa belang om dit mee te maak ?

Na deeglike oorweging, my ouderdom van 77 jaar in aanmerking geneem, besluit ek dit kan net opwindend en verrykkend wees. Ek stem toe in om die uitnodiging te aanvaar.

Saterdagoggend 17 Oktober sit ons, ek; Hanré my persentseun; my dogter Estra en my kleinseun Jandré van 7 jaar af na die bymekaarkomplek. Ons ontmoet mekaar By die Oaktree motorhawe naby die Wieg van die Mens.



Eers moet daar knibbelgoed aangekoop word, toilette vir oulaas besoek asook administratiewe reelings afgehandel word.

In die proses ontmoet ons ook een van ons gidse, Irene Kruger, wat seker maak administratiewe reelings word op papier afgehandel. Volgens die omstanders lei ek af  dat hulle almal “grotbesoekers is” wat daar rondstaan. Na alles afgehandel is neem Irene en haar vriend, Steven Tucker, per motor die voortou om ons te begelei na die grot toe.

Vanuit ‘n grodpad draai ons in by ‘n plaashek, wat blyk ‘n plaas te wees. Daar word netjies onder die bome parkeer, kennis gemaak en onsself te oriënteer ten opsigte van die omgewing. Irene stel ons voor aan Steven Tucker haar verloofde en medegids. ‘n Skraalgeboude jongman, kaalvoet met ‘n baardjie  in ‘n oranje oorpak. Baie vriendelik en ‘n aangename persoonlikheid.

Daar word seker gemaak dat ons almal korrek toegerus moet wees.Veiligheids hardehoede, kopligte en verkieslik oorpak aan.Irene lig ons besoekers toe ten opsigte van veiligheid; die moets en die moenies. Sy en Steven het ‘n kenmerkende, rustige kalmerende persoonlikheid wat opmerklik waargeneem kan word.

Dit is duidelik dat daar planmatig, doelgerig en vasberade leiding geneem word deur hierdie twee gidse.Gaandeweg sou ons verneem dat Steven en ‘n kollega die eerste twee persone was wat die Homo Naeledi fossiele ontdek en gefotografeer het.

Ons stap ‘n hele ent van die voertuie af na ‘n bebosde koppie, bedek met lae bome, bosse en klip.Nie ‘n noemenswaardge plek nie. Normaal ten opsigte van die omgewing. Dit is ‘n heerlike lenteoggend, stil en ‘n heerlike atmosfeer.

Gebukkend gaan ons onder die bome ‘n opening in die grond binne. Die ingang van Rising Star is glad nie versier, gemerk of ‘n “fancy” ingang nie.Met die een gids voor en die ander een agter is dit duidelik, hier kom ‘n ding. Ek meen as ek reg onthou was ons 24 persone in die groep wat die toer meemaak.

Vanuit die staanspoor is dit duidelik dat hierdie besoek aan die grot absoluut tegnies, sielkundig en sonder pretensies benader word. Ons gidse het ‘n besondere kalmerende, aanmoedigende en motiverende effek  op die groep.Hulle weet wat om te doen en die groep volg gehoorsaam en gewillig.

‘n Grot is ‘n grot.Ons weet dit bestaan uit openinge,stalagmiete, stalagtiete, rotsformasies wat verbeeldingryk kan wees en wat nie al nie. Rising Star is so ‘n grot. Die manier van beweging in die grot blyk van die begin af hier anders te wees as ander grotte wat ek ken.

Van meent af word daar behoorlik gekruip, op die maag geseil, selfs op die sy geseil tusse baie laag en nou openinge deur.Daar is heelwat “ kamers” waar ons kan rus, asem skep en selfs lekker gesels.Wanneer almal in die groep aangesluit het na ‘n “deurkruipery”,word daar weer gebeur, gekruip  en geklouter na die volgende rusplek.

Dit is duidelik in hierdie stadium dat hierdie ‘n moeilike ervaring gaan wees.Indien jy effens rond gebou is sal jy nie deur die nou openinge kom nie. Plek plek
 seil ons plat op die maag,  met 250 tot 300 mm is nie snaaks nie. My rugsak moes ek ple plek met my arms vooruit stoot. Ander plekke weer met my voet aan die band agter my saamsleep.

Niemand kla nie.Almal is positief en gedrewe om enduit te gaan. Ons gidse is behulpsaam; gee suiwer tegniese raad en niemand word oorgeslaan nie.Met tye wanneer ons in ‘n “kamer” is, word ons gevra om ons kopligte af te skakel sodat ons ‘n idee kan kry van doodse stilte, pikdonker en geen idee van rigting nie. Dit was nogal baie “scary”.

Die grot is eenvoudig groots, asemrowend en oorweldigend. Hier kom jy tot die besef dat die werk van die Skepper is onbeskryflik wonderbaarlik en jy voel klein om alles te aan- skou. Selfs die gedagte dat jy bevoorreg is om hierdie grot te besoek. Onthou in gedagte die grot is nie oop vir die algemene publiek nie.

In ‘n stadium is ons in ‘n” klein kamer”. Ons word uit gewys dat ons min of meer 5 meter vanaf die opening is wat lei na die kamer waar die fossiele van Homo Naeledi ontdek is deur Steven en sy vriend.

Van hier af was dit nog klim, regop loop, op jou sy deur beur en ook op jou maag seil. In hierdie stadium kan jy voel jou elmboë het dit al ontgeld enjy voel duidelik jou knieë bly ook in die slag.Die laaste uitdaging was ‘n vertikale uitklim van omtrent 4 meter. ‘n Nou opening tussen twee rotswande moes jy hoofsaaklik staatmaak op jou vingers se vasvat aan rotspunte en  stut met jou voete. Van hier af kon ons die ligopening waarneem. Die hoop en vooruitsig om naby die uitgang te wees is aamoedigend.

Jy kan nie glo hoe ons voorkoms gelyk het van grond, vuil oorpakke en klere nie. My persentseun het self erge skaafmerke opgedoen as gevolg van effens vassit skuur in nou deurgange, net een man kon nie verder gaan nie. Ek meen dit was as gevolg van engtefrees. Steven en Irene het hom pragtig kalmeer  en rustig laat rus totdat Steven hom persoonlik uitgelei het deur ‘n ander uitgang.

Toe ons by die motors kom is daar fotos geneem, toerusting terugbesorg en vertrek na  vy f en ‘n half uure in die grot. Die sukses van die besoek is absoluut te danke aan die bekwame leiding van Steven en Irene. Ons salueer julle .Baie dankie.

Sondagoggend na die besoek, het ek besluit om die fossieluitstalling te Maropeng te gaan besigtig. Hier het ek vir die eerste keer bewus geword van Maropeng en  die museum daar. Dit is waarlik’n indrukwekkende wetenskaplike plek.Die uitstalling van Homo Naeledi fossiele is ongelooflikom te sien. Die kersie op die koek was vir my om Dr. Lee Berger, professor van die Witwatersrand Universiteit  te ontmoet wie die navorsing van die fossiele hanteer.

Ek het ook Marina Elliott ontmoet wat die eerste wetenskaplike was  wat die fossiele uitgehaal en verwyder het saam met haar span. Hierdie twee mense se baie vriendelikheid is opmerklik en hulle bring jou onder die indruk dat hulle ‘n passie het vir dit waarmee hulle besig is.

Ten slotte besef ek, ek was baie bevoorreg om saam met my kinders en kleinseun en andere die besoek aan Rising Star te kon meemaak. Ek waardeer opnuut die werk wat mense doen op die gebied van ontdekking en wetenskaplike navorsing. Gaan gerus daarmee voort.

Jannie du Bruyn
26 Oktober 2015



No comments:

Post a comment